South Africa Western Cape Garden Route Riversdal Pragtige Plaas Akkommodasie in Riversdal - OKG343593

Southern Staying Info Southern Staying Info

Pragtige Plaas Akkommodasie in Riversdal - OKG343593

South Africa Western Cape Garden Route Riversdal Riversdale

from 220 ZAR per bed (more plans)

Hierdie Plaasakkommodasie is 'n selfsorg plaashuis slegs 9 km buite Riversdal in die Wes-Kaap.

Kom geniet die rustigheid wat net 'n plaas kan bied, stap op die plaas rond en geniet die pragtige uitsig. Voel deel van die plaas met die Jerseykoeie wat daar naby wei.

Die huis word as 'n eenheid verhuur en kan tot 10 persone huisves.

Alhoewel die huis 10 persone kan huisves, word dit as ‘n eenheid uitverhuur. Ongeag hoeveel persone u is, word die huis slegs aan een groep op ‘n slag verhuur. Daar is een badkamer wat deur die groep gedeel word.

U bespreek vir die vasgestelde tyd, en die aande wat hier ekstra persone kom oorslaap, betaal u vir hulle vir daardie nagte alleenlik.

Dit is ‘n selfsorghuis. U maak dit dus daagliks self skoon. Indien u egter wel van ‘n skoonmaker se dienste wil gebruik maak, kan dit vooraf gereël word en u betaal dan ekstra daarvoor.

Beddegoed en handdoeke word voorsien vir 10 persone. Die huis is ten volle toegerus. Bring kos en klere saam, asook drinkwater. Die water in die huis is wel drinkbaar, maar bruin bergwater. Dit sal dus goed wees as u skoon drinkwater kan saambring.

* Die tariewe word per persoon per nag bereken.
* Voorskoolse kinders bly gratis. Laerskoolkinders betaal halfprys en hoërskoolkinders volprys.
* Troeteldiere word nie toegelaat nie.
* Blinde persone mag wel hulle gidshonde saambring.

U kan ná twee namiddag inklok en uitkloktyd is 10 vm. Indien daar egter nie daardie dag ander mense inkom nie, kan u met die gasvrou reël indien u later sou wou uitklok.

Daar is 5 ruim slaapkamers, ‘n heerlike kuierkombuis met ‘n ekstra houtstoof waar daar in die winter heerlik potjiekos gemaak kan word en die gaste vir hulleself ‘n broodjie kan bak. Daar is slegs een badkamer en ‘n ekstra toilet.

Beleef die plaasaktiwiteite wat rondom die huis afspeel, geniet die boerbokke wat kom wei en die Jerseybeeste wat ook orals te sien is.

Kom en geniet die stilte, die fantastiese berg en kom herlaai jou battery saam met jou gesin en vriende.

Bespreek vandag nog.


Bedrooms: 5 Bathrooms: 1 Furnished Holiday Accommodation per Night 0 sq. m Accommodates: 10 guests Minimum Stay: 2 nights Ref - OKG343593

Facilities:

Suitables: